ATKV-VakansieRande
VakansieRande – jy verdien ‘n blaaskans
Bykans ‘n half miljoen gesinne kies om elke jaar hul vakansiekultuur by ATKV-oorde uit te leef.
Daar is natuurlik baie goeie redes hiervoor:
• groot verskeidenheid akkommodasie wat elkeen se smaak en sak pas
• ‘n pragtige, rustige natuuromgewing
• hope aktiwiteite en ontspanningsgeriewe
• aksiebelaaide vakansieprogramme
• gesellige restaurante en wegneem-eetplekke
Klik hier om die ATKV-VakansieRande de webwerf te besoek.
Wat is VakansieRande?
VakansieRande is die ATKV se nuwe voordeleprogram waar lede sowel as nie-lede afslag kan verdien op verblyf by enige van die ses ATKV-oorde. Die idee is dat jou huishoudelike uitgawes vir jou vakansie betaal.
Dis eenvoudig!
1. Registreer by die ATKV op die program
2. Plaas jou huislening en/of korttermynversekering by Absa en verdien VakansieRande
3. Geniet jou afslag by enige van die ATKV-oorde
VakansieRande word ooreenkomstig die bepalings en voorwaardes toegeken.
1 VakansieRand = R1 afslag
